Your Recipe Blog

VARKSTERT- EN WATERBLOMMETJIESPOT

VARKSTERT- EN WATERBLOMMETJIESPOT

Gistraant se varkstert en waterblommetjie pot hmmmmm.

  • 500 g skoongemaakte waterblommetjies
  • 500 g skoongemaakte varkstertjies, velle afgetrek
  • 2 teelepels rissievlokkies
  • 2 teelepels sout
  • 1 eetlepels droë knoffelvlokkies
  • 2 teelepels witpeper
  • 3 eetlepels sampioensoppoeier aangemaak met ‘n bietjie water
  • 3 kleinerige gekerfde uie
  • 4 kleinerige aartappels, in wiele gesny

Verbruin eers die vleis en uie in bietjie olie in die pot.
Voeg 500 ml water by en kook die sterte vir omtrent 90 min.
Voeg nou die aartappels by en ‘n halfuur daarna ook die waterblommetjies.
Voeg al die speserye by saam met die soppoeier en laat prut vir omtrent 40 min .
Roer effe en dien op met ‘n skeppie rys.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page