VARKSKENKELS IN DIE PRUTPOT
- 1 – 2 kg skenkels
- 3 middelmatige uie, gesny
- Worcestersous
- 2 aartappels, in blokkies gesny
- klein worteltjies
- klein mielietjies (potjiekos soort)
- 1 teelepel paprika
- ½ teelepel borrie
- ½ teelepel komyn
- 1 teelepel fyn knoffel
- kerriepoeier na smaak, gemeng met eetlepel appelkoos konfyt
- hoender “stock pot”
Sny 2 uie fyn en sit onder in prutpot. Was skenkels af, pak in pot bo op die uie.
Sprinkel Worcestersous bo oor. Kook op hoog vir 2 ure, ek gooi so halwe koppie water in om te keer dat vleis nie vassit nie.
Voeg al die geurmiddels by. Ek het nie sout ingesit nie want “stock pot” is reeds sout.
Sny ekstra (3de) ui bo op vleis, pak mieliietjies, wortels en aartappel blokkies bo-op.
Voeg die aftreksel (hoender stock pot) by en plaas die deksel op.
Sny ekstra (3de) ui bo op vleis, pak mieliietjies, wortels en aartappel blokkies bo-op.
Voeg die aftreksel (hoender stock pot) by en plaas die deksel op.
Kook op laag tot vleis sag en geurig is, moenie te veel roer nie, want vleis kom los van die bene af. Indien jy dink dit is nodig voeg klein bietjie warm water by.
Nota:
Dit neem ongeveer 3 ure nadat die groente bygesit is, hang af van die grote van jou stukke vleis. Toets maar dat alles gaar en sag is.
Bedien saam met heerlike stampmielies.
Resep en fotos: Hettie Stoltz
Category: