Your Recipe Blog

VARKSKENKEL SULT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2.5 ure

VARKSKENKEL SULT

Ek het gister hierdie heerlike varkskenkel sult gemaak. Ek dink nie dit kan lekkerder uitkom en smaak as hierdie nie.

  • 1 kg skoongemaakte varkskenkels
  • 1 liter water
  • 1 ui fyn, gekap
  • 1 wortel, geskil
  • 2 eetlepels suiker
  • ½ koppie asyn
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel “Italian herbs”
  • 1 teelepel peper
  • 1 teelepel rissievlokkies

Kook die vleis, water en wortel vir ‘n halfuur en verwyder die wortel en hou eenkant.
Voeg alle ander bestanddele by die vleis en kook vir 2.5 uur op stadige hitte.
Koel effe af en verwyder alle beentjies.
Warm weer op en giet in 2 halfliter plastiek bottels waarvan die nekdeel van die bottel afgesny is.
In een bottel het ek die wortel wat in drie dele gesny is ingedruk vir ‘n bietjie kleur.
Laat koel af en plaas oornag in die yskas.
Sny dan die plastiek bottels oop met ‘n skerp messie en siedaar ‘n heerlike lekkerte.

Nota:
Ek het dit opgesny met my outydse broodsnyer.
Let wel daar is geen gelatien of stolmiddels by nie, die skenkel self sorg daarvoor.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page