VARKSKENKEL MET BOTTERBONE
- 1 ui, opgesny
- 1 groen soetrissie, opgesny
- 900 g varkskenkel, opgesny
- 5 ml Worcestersous
- sout en gemaalde peper
- 6 wonderpeperkorrels
- 3 naeltjies
- 1 lourierblaar
- 5 ml mosterdkorrels
- 1 knoffelhuisie, opgesny of gepars
- 3 kardomom sade gekneus (slaan liggies met plat kant van vleis hammertjie)
- 5 ml vinkelsade
- 5 ml komyn sade
- 5 ml rissievlokkies of 1 vars rooi rissie, opgesny
- 2 tiemie takkies se blaartjies
- 1 roosmaryn takkie se blaartjies
- 200 ml wit wyn
- 6 medium aartappels, geskil en in kwarte gesny
- neutmuskaat
- sous van ‘n blik botterbone
- gedreineerde botterbone
- gesnipperde grasuie
Plaas die gekapte uie en soetrissie in die pot.
Pak die opgesnyde skenkel snitte bo-op, sprinkel die Worcestersous oor en geur met sout en peper.
Strooi die wonderpeper, naeltjies, lourierblaar, mosterdkorrels, kardomom-, komyn-, vinkelsade, tiemie en roosmaryn blaartjies oor.
Voeg die witwyn by en bedek. (water as alternatief)
Verhit die oond tot 160°C en plaas die pot in die oond vir 1 uur.
Toets na ‘n uur of nog vog benodig word en voeg ‘n koppie kookwater by indien nodig.
Bedek en sit terug in die oond vir nog ‘n uur.
Voeg die aartappels by, geur met neutmuskaat en nog sout indien benodig en voeg die sous van die botterbone by.
Bedek en plaas weer in die oond vir nog ‘n uur.
Voeg die botterbone 15 minute voor die einde by.
Roer liggies deur en garneer met gesnipperde grasuie.
Resep en foto: Johan Rossouw