VARKROL IN KONVEKSIEOOND
- 1 ontbeende varkrol, gesout
- 4 aartappels
- paar klein worteltjies
- 2 eetlepels botter
- 2 eetlepels suiker
Bak die varkrol en aartappels saam in die glasoond op 170 ºC vir 2 ure sonder enige rakkie, direk in die glasbak.
Nie gedink die aartappels gaan so bruin bak en die vark “crispy”.
Laat die rol ‘n rukkie rus, en sny in skywe om te bedien.
Kook wortels in bietjie water en voeg die botter en suiker by wanneer water weggekook is.
Braai die wortels in daai stroperigheid wat die botter en suiker maak.
Bedien saam met die varkrol.
Nota:
My ander gunsteling is smelt botter op die rys en dan gooi ek bietjie Worcestersous speserye oor.
Resep en foto: Koos van der Merwe