Your Recipe Blog

VARKRIBBETJIE IN DIE OOND

Recipe by
Cook: 2 uur

VARKRIBBETJIE IN DIE OOND

  • 2 kg varkrib, in ribbetjies gesny
  • Sous:
  • 2 uie, in ringe gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • olie, vir braai
  • 500 ml hoender- of beesvleisaftreksel, gemaak van 1 blokkie
  • 125 ml bruinsuiker
  • 250 ml blatjang
  • 30 ml heuning
  • 50 ml suurlemoensap
  • 50 ml tamatiesous
  • 15 ml Worcestershire sous
  • 2 ml fyn gemmer
  • 5 ml sout
  • knippie fyn naeltjies
  • sout en peper, vir geur en na smaak

Soteer die uie en knoffel in die olie totdat dit sag is.
Voeg die res van die sousbestanddele by en laat dit vir sowat 15 minute lank oor lae hitte prut totdat dit taamlik dik is.
Roer elke nou en dan om te voorkom dat die sous aanbrand. Laat die sous afkoel.
Plaas die varkribbetjies in ‘n oondvaste bak en geur liggies met sout en peper. Giet die sous oor.
Bedek en laat dit minstens een uur lank so staan.
Voorverhit die oond tot 160 °C. Bak die vleis sowat vir een uur tot een en ‘n half uur tot sag.
Verwyder die bedekking en verhoog die hitte tot 180 °C.
Bak vleis vir ongeveer nog 30 minute tot goudbruin.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page