Your Recipe Blog

VARKRIB IN COKE

Cook: +-1.5 ure

VARKRIB IN COKE

  • 2 kg varkrib blokkies, gerook of ongerook
  • 1 – 1.5 liter Coke
  • sout en peper na smaak
  • 1 blik pynappelringe

Plaas die ribblokkies in ‘n swart platboom- of ander pot op die stoof of op kole.
Bedek die ribblokkies met die coke en prut vir ongeveer 1 uur of tot sag.
Kyk deurentyd in die pot dat dat daar genoeg Coke in is, sodra die sous begin taai raak, is die dis bykans gereed.
Voeg die blik pynappelringe met die sous by die rib en prut stadig vir nog ongeveer 15 minute.
Bedien op rys of koring.

Nota:
Vra jou slagter om die varkrib op te saag in blokkies. Moenie die klein pakkies van die supermark gebruik nie.

Resep en foto: Abri Van Vuuren

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page