Your Recipe Blog

VARKORE / PALMIERS

VARKORE / PALMIERS
  • 4 koppies koekmeel
  • 500 g botter of goeie margerien
  • 2 eiers
  • 2 eetlepels bruin asyn
  • ekstra meel vir knie

Rasper 350 g van botter en meng in die meel in tot dit soos krummels lyk.
Deel res van botter in 3 dele en bêre in yskas. (moet goed koud wees)
Skei eiers in koppies, gooi 2 eetlepels bruin asyn by eiergele, klits liggies en vul koppie tot bo met water.
Voeg by meel en meng goed deur. Strooi ekstra meel op werkoppervlak en knie deeg goed tot elasties.
Bêre in ‘n toe bak in yskas vir 15 min. Rol dan so 15 mm dik uit in vierkant.
Rasper een stuk van die botter bo-op en vou toe soos koevert, (sien foto) laat rus in yskas vir 15 min en herhaal proses tot botter klaar is.
Na 15 min rustyd, rol weer in vierkant en vou toe sonder botter, plaas in yskas en laat rus vir 2 ure of oornag.
Deel deeg net so opgevou in 4 dele.
Plaas 3 stukke terug in yskas, haal een stuk uit, strooi suiker op tafel en plaas deeg op suiker en rol uit, strooi suiker bo-op deeg. Rol uit tot langwerpig.
Stooi weer suiker oor en vou deeg in breedte, eers een kant tot in middle, dan ander kant ook tot buite kante teen mekaar lê.  (sien foto) Strooi suiker oor en vou weer op.
Strooi suiker op tafel langs deeg en bo-op deeg.
Rol liggies met koekroller die suiker in deeg in.
Sny dan halwe sentimeter skywe af.
Pak op snykant op ‘n gesmeerde pan. Laat so 4 cm spasie tussen elke varkoor. Bak vir 15 – 20 min in vooraf verhitte oond tot begin bruin verkleur.

Resep geplaas deur Thea Loots
Foto’s:
  Thea Loots

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page