VARKNEK STEAKS MET TIEMIE EN DIJON MARINADE
- 4 – 6 varknek steaks
- Marinade:
- 60 ml suurlemoensap
- 60 ml olyfolie
- 15 ml dijonmosterd
- 1 knoffeltoontjie gepars
- 10 ml tiemie blaartjies
- 5 ml gemaalde peper
- sout na smaak
- Ekstra:
- aartappels
- olyfolie
- uiepoeier
- sout en swartpeper
Meng al die bestanddele vir die marinade en marineer die steaks vir 4 ure of oornag in die sous.
Voorverhit die oond tot 180°C op bak en rooster.
Plaas die steaks op ‘n oondrak en bak vir 30 – 45 minute.
Verstel die oond na rooster en rooster die steaks vir 5 minute in die oond.
Bedien saam met platgedrukte aartappels.
Kook die hoeveelheid aartappels soos benodig tot sag.
Maak ‘n kruis met ‘n skerp messie in die aartappel en druk versigtig plat.
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat, bedrup met olyfolie en geur met uie poeier, sout en gemaalde swartpeper.
Bak en rooster teen 200°C vir 30 minute.
Resep en foto: Johan Rossouw