Your Recipe Blog

VARKNEK SCHNITZEL MET CHEDDAMELT SOUS

Recipe by
Cook: 10 - 15 minute

VARKNEK SCHNITZEL MET CHEDDAMELT SOUS

“Vanaand het Liezl ‘n ander vibe na my rooster gebring. Ons het varknek schnitzel oppie kole gebraai saam met ‘n cheddamelt sous. Vroulief het vir ons die lekkerste tjips en slaai gemaak. Wat ‘n fees was dit nie saam met ‘n stukkie boerewors.”

  • genoeg varknekvleis vir 4 persone
  • koekmeel, vir bedekking
  • broodkrummels, fyn, vir bedekking
  • 1 eier, geklits vir bedekking
  • Sous:
  •  250 g sampioene, gekap
  • olyfolie of botter, vir braai van sampioene
  • 1 pakkie kaassous, aangemaak
  • 200 ml room
  • 1 koppie kaas, gerasper
  • sout en peper

Kap die varknekstukke met ‘n bottel se bodem lekker plat.
Rol die gekapte vleis in meel, dan in geklitste eier en daarna in fyn broodkrummels.
Laat staan vir ‘n uur of twee in die koelkas.
Braai die schnitzels op skerperige kole vir ongeveer 10 – 15 minute tot mooi goudbruin en gaar aan albei kante. Moenie te lank braai nie; dit kan droog raak. Voeg sout en peper na smaak by.

Sous:
Braai sampioene in bietjie olyfolie/botter, voeg kaassous by. Voeg room en geurmiddels by na twee minute.
Net voor opdien, maak sous weer warm en roer kaas by om te smelt.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page