VARKLENDETJOPS OF RIBVINGERS IN SOUS GEBAK
- 1 kg varklendetjops of varkrib, tussen die ribbes in vingers gesny
- 5 ml sout
- 5 ml varsgemaalde swartpeper
- 250 ml water
- 125 ml tamatiesous
- 5 ml fyn gemmer
- 15 ml bruinsuiker
- 125 ml bruinasyn
- 45 ml Worcestershiresous
- 5 ml aangemaakte mosterd
Geur die varkvingers met die sout en peper. Plaas in ‘n oondbak met ‘n deksel. Maak ‘n sous van die res van die bestanddele en giet dit oor die vleis. Plaas die deksel op en sit in die oond.
Stel die oond op 180 °C en bak vir 90 minute in die oond.
Kyk na so ‘n uur of die sous nie te min is nie, en voeg bietjie water by indien benodig.
Verwyder die deksel na 90 minute en bak die vleis nog 15 minute.
Geniet saam met rys en stowekool, of kan jy dit net met kapokaartappels en opgekookte groente geniet.
Resep: Jan van Niekerk
Foto: Suenell Liebenberg – ek het ‘n gekapte ui bygesit, dit is heerlik!!













