VARKFILLET MEDALLIONS EN GEROOSTERDE PAPRIKA AARTAPPELS
- 2 x 250 g varkfilette
- 90 ml koekmeel
- 45 ml BBQ speserye
- 5 ml sout
- 5 ml gemaalde peper
- 4 langwerpige aartappels
- gerookte paprika
- olyfolie
Meng die meel en speserye en plaas in ‘n sakkie.
Sny die varkfilette in 3 cm skywe en druk liggies platter.
Plaas die snitte in die gegeurde meel en skud goed sodat die vleis heeltemal bedek is.
Plaas op ‘n plat plaat of bord en sit in die yskas.
Sny die aartappels in die helfte en maak snytjies kruis en dwars in die velkant.
Bedek goed met olyfolie, geur met die gerookte paprika en plaas op ‘n bakplaat.
Verhit die oond tot 200°C op bak en rooster (beide elemente aan).
Plaas die aartappels in die oond en laat gaar word vir 60 minute.
Besprinkel met ekstra olie halfpad deur die rooster proses.
Verhit intussen olyfolie in ‘n pan en braai die filletskywe vir sowat 2 minute aan ‘n kant tot bruin en gaar.
Resep en foto: Johan Rossouw