Your Recipe Blog

VARKBOUD MET SPEK EN KNOFFEL GESTOP

VARKBOUD MET SPEK EN KNOFFEL GESTOP

Dit was toe so maklik. Gate oral gemaak en stukkies spek met die vetjie en fyn stukkies knoffel ingedruk.

  • 1 heel varkboud
  • stukkies spekvleis (bacon)
  • vars knoffel, in stukkies gesny
  • 1 koppie water
  • ui, in skywe gesny
  • sout en peper
  • 3 naeltjies
  • 2 lourierblare

Maak gaatjies oral in die boud met ‘n skerp messie en druk stukkies spek met die vetjie en fyn stukkies knoffel in elke gaatjie.
Plaas die res van die bestanddele in ‘n stoompot en sit die gestopte boud bo-op in stoompot (ek het die elektriese een).
Stel die pot op meat vir 70 min.
Haal die boud uit die stoompot en sit in ‘n oondbak saam met al die sous in die stoompot, klein bietjie sout en peper indien nodig.
Bak vir 45 min op 180°C.
Ek het heuning met ‘n kwassie oorgeverf 10 min voor uithaaltyd en verder gebak tot lekker bruin en bros.

Nota:
Ek sal dit volgende keer net 60 min in die stoompot sit, as dit nie vir die sousie was nie, was dit amper bietjie droog.

Resep geplaas deur Estelle Toerien
Foto: Estelle Toerien

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page