Your Recipe Blog

VARK STEAK OF TJOPS MET SAMPIOENSOUS EN KAAS

VARK STEAK OF TJOPS MET SAMPIOENSOUS EN KAAS

  • olyfolie vir vlakbraai
  • 4 vark Scotch steaks/tjops
  • sout en peper
  • 2 teelepels gerookte paprika
  • 6 groot sampioene, in skywe gesny
  • 1 gekapte grasui (spring onion)
  • 125 ml room
  • 125 ml gerasperde parmesan of bokmelkkaas
Geur die vark aan beide kante met sout, peper en gerookte paprika.
Braai weerskante oor hoë hitte in olie tot goudbruin.
Vewyder uit die pan en hou warm.
Braai die sampioene in die oorblywende bietjie olie in die pan (voeg nog by indien nodig) tot gaar, en voeg die grasui en room by.
Plaas nou die vark steak terug in die sous, skep van die sampioensous bo-oor die vleis en sprinkel die kaas bo-oor.
Verwyder van die hitte en bedek met ‘n deksel totdat die kaas gesmelt is.
Bedien met bykosse van jou keuse.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page