VARK REPIES MET UIE EN SAMPIOENSOUS
Die is niks uitspattig nie, maar dit het vir my vreeslik lekker gesmaak.
- 2 vark tjoppies, in repies gesny
- ½ gekapte ui
- 4 gekapte sampioene
- 1 teelepel gekapte knoffel
- 1 bees aftreksel blokkie, opgelos in bietjie water
- ± 40 ml vars room
- 2 teelepels botter
- sout en peper
- speserye van eie keuse
- 2 teelepels koekmeel
- 2 koppies melk
- olie om in te braai
Braai die vark repies aan beide kante in bietjie olie.
Haal af en plaas eenkant.
Braai die ui en knoffel tot goudbruin, ± 5 min, voeg die sampioene by, vir ‘n verdere ± 2 min.
Haal af en plaas eenkant.
Smelt die botter oor medium hitte en voeg dan die meel by, meng goed saam, voeg die melk en room by totdat dit verdik.
Voeg die vark repies, uie mengsel en bees aftreksel by die melk- en roommengsel, draai hitte af, maak toe en prut vir ± 15 min tot vark gaar is.
Voeg sout, peper en speserye by na smaak.
Indien die mengsel te dik is, voeg nog melk by en indien die mengsel te dun is, voeg nog meel by.
Bedien op rys.
Resep en foto: Madélynn Janse Van Rensburg