VARK KLUITJIES (PORK DUMPLINGS)
- Vulsel:
- 200 g vark maalvleis
- 1 eier
- 3 eetlepels hoenderaftreksel
- 2 eetlepel mielieblom of koekmeel
- sout
- knoffelsout en peper
- Deeg:
- 140 g koekmeel
- 80 g warm water (kook jou ketel en laat afkoel vir so 2 tot 5 minute)
Deeg:
Meng koekmeel en water tot ‘n deeg vorm. Knie met die hand vir 3 tot 4 minute tot glad. Plaas in ‘n “zip lock” sakkie vir 15 minute. Die warm water in die deeg laat dit stoom, wat die deeg sag en meer werkbaar maak.
Vulsel:
Klop jou bestanddele vinnig saam tot ‘n “sticky” mengsel.
Vorm deeg in ‘n donut vorm en sny in 2 gelyke “logs”. Rol elke “log” uit tot omtrent 2 cm dik. Sny in gelyke dele omtrent 10 g elk(ek het 16 uitgekry). Rol elke stukkie in ‘n bal en rol uit. Dun die rante uit (help met die vou later).
Hou die oppervlak goed bestrooi met koekmeel, Hulle hou daarvan om aanmekaar vas te plak. Vermy om meer as 4 op mekaar te stapel anders raak hulle te swaar.
Hulle behoort so groot soos jou palm te wees.
Plaas vulsel in die middel van die “wrapper” en plooi die kante nadat dit met water gesmeer is.
In ‘n groot pot, bring water tot op kookpunt en plaas kluitjies in. Sodra hulle begin dryf, voeg ‘n halwe koppie koue water by. Sodra water weer kook, herhaal nog 2 keer. Teen dan behoort die kluitjies gaar te wees. Ek het hulle in ‘n pot gesit met ‘n klein bietjie olyf olie en sojasous gemeng en laat bruin en effens “crunchy” word.
Kan ook bedien word met brandrissie olie.
Resep en fotos: Stephanie Kohrs Ferreira