VARK- EN LEMOENSOSATIES
- Marinade:
- 1 eetlepel kookolie
- ½ ui, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 1 eetlepel matige kerriepoeier
- 1 teelepel borrie
- 2 eetlepels bruinsuiker
- 2 eetepels appelkooskonfyt
- tikkie rooipeper (cayenne pepper)
- ½ koppie asyn
- ½ koppie melk
Braai ui, knoffel, kerrie en borrie totdat die ui glasig is.
Voeg die res van die bestanddele by.
Verhit tot kookpunt en laat prut so 5 min.
Laat afkoel voor gebruik.
- Kebabs:
- 8 sosatiestokkies
- 2 varkfilette, in blokkies gesny
- 1 ui, in 2 cm stukke gesny
- 1 heel lemoen, in 4 wiggies en dan 3 mm skyfies gesny
- soetrissie, in 2 cm stukke gesny
Meng die vleis en marinade en laat staan vir ten minste 1 uur.
Ryg nou die ui, vleis, soetrissie en lemoen om die beurt op die stokkies.
Braai op die rooster of onder die “grill” vir so 20 min.
Draai gereeld om en verf met die res van die marinade.
Ek het myne sommer in die lugbraaier gemaak.
Net die stokkies afgebreek om in te pas.
Njamm!
Resep en fotos: Stef Conradie