Your Recipe Blog

VARK- EN KLAPPERMELKKERRIE IN DIE PRUTPOT

Avatar photo
Recipe by
ongeveer 5 ure

VARK- EN KLAPPERMELKKERRIE IN DIE PRUTPOT

Ek dink dat varkvleis regtig te min gebruik word… dit is ‘n goedkoper vleis, maar kan tog so lekker gaargemaak word met ‘n bietjie liefde. Veral stowe varkvleis. Hierdie is ‘n baie eenvoudige “slow cooker” vark- en klappermelkkerrie (keto/diabeties vriendelik ook) en dis regtig heerlik. So selfs as jy nie bekommerd is oor koolhidrate nie, is hierdie ‘n wenresep en as jy dink dat jy nie van varkvleis hou nie, gee die resep ‘n go!

  • Marinade:
  • 1 kg stowe varkvleis, in 2 x 2 cm blokkies gesny
  • 1 eetlepel komynpoeier
  • 1 eetlepel paprika
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 teelepel rissiepoeier
  • 2 – 3 eetlepels olie
  • Ekstra:
  • 20 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 2 eetlepel knoffel en gemmer paste
  • 1 eetlepel komyn
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 2 eetlepels sout, of na smaak
  • 1 teelepel kardemonpoeier, opsioneel
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 blik klappermelk
  • 1 koppie hoenderaftreksel
  • Opsioneel:
  • 2 murgpampoentjies, in skyfies gesny
  • 2 eetlepels “lemon pickle”

Meng die vark, speserye en olie saam en marineer oornag. Braai in warm olie die volgende dag in batches tot verbruin. Plaas die vleis in die prutpot. Braai in dieselfde pan die ui tot sag. Voeg nou die speserye, paste en sout by en braai nog 5 minute. Voeg nou die tamaties, klappermelk en aftreksel by en prut nog 5 minute. Giet die sous oor die vleis en kook op hoog vir 5 ure. Indien verkies kan gesnyde murgpampoentjies en/of die “lemon pickle” gedurende die laaste 40 minute bygevoeg word.
Bedien met basmatie of blomkoolrys, gegeur met vars koljander.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page