VARK-EN-BEESSKENKEL SULT
“Ekt vir ons weer ‘n bietjie sult gemaak; die keer met vark-en-beesskenkels (sonder aartappels). Ek het dit noggie vooraf in plastiekbottels gegiet nie so ek wetie hoe moeilik dit gaan uitgehaal word nie. Sal terugvoering gee.”
- 1 kg beesskenkels
- 1 kg varkskenkels
- 2 uie, gekerf
- 2 eetlepels opgehoopte appelkooskonfyt
- 1 eetlepel kerrie (mild and spicy)
- 1 eetlepel borrie
- 3 eetlepels suiker
- 1 eetlepel sout
- 1 eetlepel peper
- 1 liter water
Kook vleis saam in een groot kastrol vir ongeveer drie ure tot sag.
Laat afkoel en haal alle bene uit en sny die vleis in kleiner stukkies.
Plaas terug op stoof, voeg al die ander bestanddele by, saam met water en meng goed met vleis.
Bring mengsel tot kookpunt en draai hitte af en laat stadig prut vir ongeveer 45 minute.
Laat afkoel en giet in een-liter plastiekbottels waarvan die skuinste van bottels (die nek) afgeknip is. Jy kan bakke ook gebruik.
Laat stol oornag en plaas in koelkas.
Resep en foto: Gideon Louw
pragtig lekkerrrr