VANILLAKOEK OF -KOLWYNTJIES
Ek het hier kolwyntjies gebak met dieselfde resep, maar die resep werk net so goed vir ‘n 2 laag koek.
- 1 ½ koppie suiker
- 4 eiers
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 koppie kookwater, bietjie afgekoel
- ½ koppie olie (sonnebom olie)
- 2 opgehoopte koppies koekmeel
- 3 teelepels bakpoeier
Klits die eiers, suiker en vanilla in ‘n mengbak to romerig.
Klits die water en olie by die eiermengsel. (Hier kan jy maar redelik klits)
Sif die droë bestanddele saam en vou dit by die eier- en oliemengsel in. Moenie te veel roer nie.
Skep die beslag in 2 x 20 cm voorafbereide koekpanne en stamp die koekpanne liggies op ‘n oppervlak vir die lugblasies om te breek.
Plaas die panne in ‘n voorverhitte oond by 180ºC en bak vir ongeveer 35 – 40 minute of tot gaar.
Moenie die oond oopmaak voor 30 minute verstreke is, om die koeke te toets nie.
Dop die koeke dadelik uit die panne sodra dit uit die oond verwyder word, anders krimp die koek in die panne.
Laat die koeke afkoel en versier volgens eie keuse.
Lekker bak.
Nota:
Daar kom 24 kolwyntjies uit die resep en ek bak dit ongeveer 20 minute tot gaar.
Resep en foto: Yvonne Faber Joubert