Your Recipe Blog

VANILLAKOEK MET WIT SJOKOLADE GANACHE EN ROOMKAAS VERSIERSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

VANILLAKOEK MET WIT SJOKOLADE GANACHE EN ROOMKAAS VERSIERSEL

Bak 2 van die resep se koeke maar meng dit afsonderlik. Dis nie ‘n resep om te verdubbel nie.

  • Koek
  • 6 eierwit
  • 6 eiergele
  • 1½ koppie strooisuiker
  • 90 ml mielieblom (Maizena)
  • 1 eetlepel suiker
  • 300 ml koue water
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 125 ml kookolie
  • 2 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier

Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en hou eenkant.
Klits  eiergele met strooisuiker met vir so 10 min.

Meng solank  mielieblom met suiker in’ n maatbeker. Meng kouewater by tot by 300 ml en meng dan tot glad. Voeg vanilla geursel en kookolie by.
Voeg die mielieblommengsel by die eiermengsel, meng deur en sif die koekmeel oor. Meng versigtig tot net gemeng en glad.
Sprinkel bakpoeier oor en vou die stywe witte in 2 sarsies in.
Giet in voorbereide 23 cm koekpan, uitgevoer met bakpapier. “Bump” die pan liggies op die tafel om die groot rysgate uit te haal.

Voorverhit die oond tot 190°C met ‘n bakkie water onder in die oond.
Sit die koek in die oond, verlaag die hitte na 180°C en bak vir 1 uur. Of tot toetspen skoon uitkom.
Koel af op draadrakke met ‘n nat vadoek bo-oor.
Verdeel elke koek in 2 lae.

Vul met witsjokololade ganache botterversiersel. (140 g) op elke laag.

  • Wit Sjokolade-Ganache Botterversiersel
  • 150 ml room
  • 150 g Lindt Piccoli (of iets soortgelyks)
  • 150 g sagte botter
  • 1 teelepel vanilla ekstrak
  • 500 g gesifde versiersuiker

Verhit room tot kookpunt en giet oor witsjokolade en roer saggies tot gesmelt.
Voeg sagte  botter by die room en sjokolade en klits met menger tot glad en koel.
Sit vanilla geursel by en sif die versiersuiker oor.
Klits stadig tot die poeier ingemeng is en klits dan vinnig tot wolkerig.
Smeer 140 g tussen elke laag en gebruik die res van die versiersel om ‘n krummellaag om die koek te smeer. Verkoel onbedek vir 30 min.

  • Roomkaas versiersel:
  • ‘n knippie sout
  • 500 g sagte botter by kamertemperatuur
  • 500 g roomkaas by kamertemperatuur
  • 2 teelepels vanilla ekstrak
  • 1 kg gesifde versiersuiker

Klits tot lig en wolkerig.
Voeg gesifde versiersuiker by en weereens klits tot die poeier ingemeng is en klits dan lank en vinnig tot wolkerig.
Spuit rosette reg oor die koek.
Sprinkel met ‘n klomp “chuckles in gold dust” en bewerk hulle met ‘n kwassie tot hulle mooi vergoud is.
Sit een versigtig op elke roset neer. Verkoel die koek dadelik ten minse vir 2 ure onbedek. Bedek dan.

Bedien die koek met lewensessens by kamertemperatuur. (grappie)

Foto en resep: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page