Your Recipe Blog

VANILLAKOEK MET ROOMKAASVERSIERSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 60 minutes

VANILLAKOEK MET ROOMKAASVERSIERSEL

  • 6 eiers, geskei
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 1/2 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 1 koppie kookwater, afgekoel
  • 1 koppie olie

Meng suiker, vanilla en eiergele goed.
Meng water en olie by. Meng goed.
Sif koekmeel en bakpoeier en meng by eiermengsel in.
Klits eierwitte styf en vou in bydie mengsel met ‘n metaal lepel.
Sit in twee voorbereide koekpanne en bak by 180ºC tot toetspen skoon uitkom.
Geniet

  • Roomkaas versiersel:
  • 1 bakkie roomkaas, gewoonlik lancewood so 230 g
  • 230 g botter of wit woodenspoon margarien
  • 15 ml (3 teelepels) vanilla geursel
  • 5 gelyke koppies versiersuiker

Klop  roomkaas, botter en vanilla  goed.
Sif die versiersuiker. Voeg die versiersuiker geleidelik by tewyl jy heeltyd klits.
Klits goed tot alles  ingemeng is.
Sit in versiersak en versier soos verkies.

Nota:
Geen melk of vloeistof nie. Dit pipe mooi.

Resep en foto: Yvonne Faber Joubert

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page