Your Recipe Blog

VANILLA SPONSKOEK MET “MANGO PASSIONFRUIT MOUSSE” VULSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

VANILLA SPONSKOEK MET “MANGO PASSIONFRUIT MOUSSE” VULSEL

  • Mousse:
  • 1 blikkie ingelegde mango, gedreineer en verpulp
  • 1 blikkie grenadilla pulp
  • 2 koppies room
  • 2 vanilla kitspoedings
  • 1 bakkie roomkaas
  • ½ koppie strooisuiker

Maak die kitspoeding aan met die room en roer die roomkaas by asook die strooisuiker.
Roer die mango en grenadilla by.  Die mengsel sal dadelik dikker word terwyl jy klits.
Verkoel tot benodig.

Nota:
Ek het die vulsel die vorige aand gemaak om seker te maak dit is styf genoeg en dat die mango geur lekker kan meng met die ander bestanddele.

  • Vanilla Sponskoek:
  • 3 eiers, geskei
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie koekmeel
  • knippie sout
  • 5 ml vanilla
  • 125 ml olie
  • 125 ml kookwater
  • 3 teelepels bakpoeier

Klits eiergeel en suiker tot lig en donsig.
Voeg olie en warm water asook vanilla by eiermengsel terwyl jy heeltyd meng.
Sif droë bestanddele saam en voeg by, meng deur.
Klits eierwitte styf tot sagte punte vorm en vou by die beslag in met ‘n metaal lepel.
Skep in ‘n gespuite koekpan en bak vir 40 min teen 180 ºC of tot sosatie stokkie skoon uitkom.

Nota:
Ek het die koek in 3 lae gesny en begin om ‘n laag koek terug te plaas in die koekpan toe het ek mousse opgespuit uit ‘n spuitsak, weer ‘n laag koek, weer mousse en geeindig met ‘n sponslaag.
Ek het hom oornag in die yskas gelos om seker te maak die lae stol mooi.
Volgende dag, keer uit op ‘n opdienbord en ‘n laag mousse bo-op gespuit en net mooi glad gemaak met my slaplem mes.
Smeer ook van die mousse reg om indien verskies.
Dit wat jy sien is die mousse wat ek rondom gesmeer het wat maar net die gaping opgevul terwyl ek dit gesmeer het.

Bron en Foto: Willem Bierman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page