VANILLA MUFFINS MET ‘N VERSKIL
Resep en foto: Yvonne Jones
- 1 pakkie vanilla muffin “mix”
- 200 ml olie
- 200 ml melk
- 1 gerasperde wortel
- 1 klein gerasperde soetpatat
- 1 fyngedrukte piesang
- 1 gerasperde appel
- 1 klein pakkie grondboontjies en rosyntjies
- 1 pakkie bloubessies
- Meng eiers melk en olie met ‘n klitser, vou die pakkie muffinmengsel by en roer deur.
- Vou die gerasperde wortel, soetpatat, piesang en gerasperde appel deur, meng die pakkie neute en rosyntjies deur.
- Laastens vou die bloubessies in. Meng die beslag goed.
- Skep in muffin houertjies en bak 25 min by 180º C.
Category:

