VANILLA KOEK MET BOTTER VERSIERSEL – GROOT KOLWYNTJIE
My ou moedertjie se 87ste verjaarsdag koek. Dit is ‘n vanilla koek met botter versiering.
Die beslag is genoeg vir 1 koekpan en omtrent 12 klein kolwyntjies
- Beslag:
- 4 eiers
- 2 koppies suiker
- 2 koppies koekmeel
- knypie sout
- ½ koppie olie
- 1 koppie melk
- 2 teelepels bakpoeier
Klits eiers en suiker vir 15 min.
Kook olie en melk, laat afkoel.
Sif koekmeel en sout, meng by eier mengsel in saam met afgekoelde melk/olie, per hand.
Sif bakpoeier by en meng weer. Sit in voorbereide pan of “cupcake” panne.
Bak op 175°C vir 25 min. of tot koek toetspen skoon uitkom.
- Botterversiersel:
- 500 g botter
- 6 koppies versiersuiker
- vanilla geursel
- kleur van u keuse
Meng botter tot romerig, klits sommer baie goed.
Sif versiersuiker by asook vanilla en kleursel. Meng goed.
Versier koek soos u wil.
Geniet.
Resep en foto: Angela de Roubaix