Your Recipe Blog

VANILLA KOEK KAASKOEK

VANILLA KOEK KAASKOEK

Ek moes kaaskoeke maak met ‘n geel kleurskema.

  • Vanilla koek:
  • 4 eiers
  • 1 koppie suiker
  • 125 ml warm water
  • 125 ml olie
  • 200 g koekmeel
  • 20 g bakpoeier
  • 5 ml vanilla geursel
  • kleursel na smaak, indien nodig

Klits die eiers en suiker lig, voeg die warm water en olie by.
Sif koekmeel en bakpoeier saam. Vou in by die eiermengsel.
Ek het geel kleursel by gesit.
Skep die beslag in ‘n 21 cm koekpan.
Bak 180°c vir ± 20 min of tot toetspen skoon uitkom.
Keer uit en laat heeltemal afkoel. Sny in twee lae.

  • Kaaskoek vulsel:
  • 250 ml room
  • 250 g roomkaas
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 75 ml suurlemoensap

Meng kondensmelk en suurlemoensap. Roer roomkaas goed tot glad en roer by die mengsel.
Klits room styf en vou in. Hou eenkant tot benodig.

  • Ganache
  • 200 g wit sjokolade
  • 200 g room
  • Kleursel indien verkies

Sit die sjokolade en room in ‘n dubbelkoker en smelt saam, tot net gesmelt, haal van die hitte af en roer die kleursel by.

Om die kaaskoek saam te stel:
Neem ‘n 21 cm losboom pan, sit bakpapier onder in en plaas die eerste laag koek in die pan.
Skep die helfte van die vulsel op die koeklaag en sit die volgende koeklaag bo-op.
Skep die res van die vulsel bo-op en sit in die yskas om te stol.
Wanneer goed gestol, haal uit die pan en versier met ganache of soos verkies.

Resep en foto: Elizabeth Haupt

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page