Your Recipe Blog

VANILLA-, KLAPPER- EN SEMELBESKUIT

Recipe by
Cook: 40 minute

VANILLA-, KLAPPER- EN SEMELBESKUIT

Resep en foto: Engel Bouwer

  • 590 g margarien
  • 500 ml suiker
  • 500 ml karringmelk
  • 10 ml vanilla geursel
  • 7 ml geel koskleursel
  • 10 ml koeksoda
  • 9 koppies koekmeel
  • 2 koppies semels
  • 2 koppies klapper
  • 50 ml bakpoeier
  • 7 ml sout
  • 5 ml kremetart
  • Plaas die suiker, margarien en karringmelk in ‘n potjie en verhit op die stoof oor lae hitte tot die margarien gesmelt is.
  • Verwyder van die hitte en plaas eenkant tot effens afgekoel.
  • Voeg die vanilla, koskleursel en koeksoda by die margarienmengsel en roer deur.
  • Die mengsel sal bietjie begin opborrel. Plaas eenkant tot heeltemal afgekoel.
  • In ‘n groot mengbak, sit die koekmeel, semels, klapper, bakpoeier, sout en kremetart bymekaar en meng deur.
  • Voeg die vloeistofmengsel by die meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg.
  • Plaas die deeg in voorbereide beskuitpanne en bak vir 40 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC.
  • Breek die afgekoelde beskuit in stukke en droog uit in ‘n lou-warm oond vir ongeveer 3 – 4 ure.
  • Nota:
  • Gebruik die vleismeultjie met die worsstopper vooraan en druk die deeg daardeur om beskuit vingers te vorm.
  • Plaas die stukke op ‘n voorbereide bakplaat en bak teen 180ºC tot gaar. Dit bak baie korter as 40 minute op die manier.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page