Your Recipe Blog

VANILLA GEBAKTE PERE

Avatar photo
Recipe by
Prep: 5 minute | Cook: 25 minute | Servings: 2 mense

VANILLA GEBAKTE PERE

Het jy lus vir iets soets, maar wat maklik en vinnig is om te maak? Hierdie bederf kan warm of teen kamertemperatuur geniet word.

  • 4 pere, ontkern en gehalveer
  • 2,5 ml (½ teelepel) vanilla-sade
  • 60 ml (¼ koppie) bruinsuiker
  • 60 ml (¼ koppie) water
  • vanilla roomys vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas die pere in ’n bakplaat met die vanilla-sade.
Bestrooi met suiker en water en bak 25 min of tot die pere sag is.
Bedruip met die pansous terwyl dit bak.
Rangskik die pere op opdienborde, bedruip met sous uit die bakpan en sit voor met roomys.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Marie Rheeder Troskie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page