UNIEKE SOETRISSIESOUS
- 750 ml All Gold tamatiesous (moet All Gold wees, ander te loperig)
- 700 ml appelkooskonfyt (1 groot blik)
- 3 uie
- 1 groen soetrissie
- 1 rooi soetrissie
- 2 rissies of na smaak
Plaas die tamatiesous en konfyt in ‘n groterige pot, verhit oor medium hitte.
Sny in ‘n “food processor” die soetrissies, uie en rissies tot redelik fyn.
Voeg by konfyt- en tamatiesousmengsel as dit gesmelt is.
Kook vir so 15 min oor medium hitte en voeg in gesteriliseërde bottels.
Nota: Terscia S Williams
Ek gebruik net ‘n ¾ bottel tamatiesous in anders smaak dit te erg na tamatie na my smaak en dan voeg ek meer rissies ook by.
Resep geplaas: Kobus Theunissen
Resep gekry vanaf Karen Durant
Foto: Nicolette Papas