Your Recipe Blog

“UNICON PUFF” NAGEREG

“UNICON PUFF” NAGEREG

Kinders noem dit “unicorn puff”

  • 1 groot pak vingerbeskuitjies
  • 1 blikkies swartkersies
  • 500 ml room
  • 2 pakkie klein malvalekkers
  • 1 blikkie fyn pynappel
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 suurlemoen se sap
  • 18 klein skuimpies
  • vars swart kersies, vir versiering

Pak vingerbeskuitjies in ‘n bak.
Giet die swart kersies se stroop oor die koekies. Hou die kersies om lae te pak.
Klits die room styf.
Meng die klein malvalekkers met die fyn pynappel, kondensmelk en sap van die suurlemoen.
Meng die pynappelmengsel by die room, en vou die klein skuimpies in die mengsel in.
Skep lae swart kersies en malvalekkersmengsel tot al die bestanddele op gebruik is.
Versier met swart vars kersies en nog skuimpies.

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page