Your Recipe Blog

UITGEBRAAIDE SKAAPSTERTVET EN KAIINGS

UITGEBRAAIDE SKAAPSTERTVET EN KAIINGS

Eerste batch skaapstervet uit gebraai, besig met 2de batch. Indien jou pot nie lekker groot is nie, braai uit in twee sarsies.

  • 6 kg skaapstertvet
  • ¾ koppie melk
  • sout en peper na smaak

Sny vet in klein blokkies.
Plaas ‘n swaarboom kastrol op die stoof en giet die melk daarin, voeg die vetblokkies by.
Sprinkel sout en pepper oor. Die melk is net vir die begin om vet te begin braai.
Stel die stoof plaat op medium en laat die vet lekker rustig braai.
Skep die vet kort, kort af, tot vet lekker uitgebraai het en daar lekker kaiings is.
Bêre die uitgebraaide vet in ‘n houer met ‘n deksel, ‘n erde emmer of glas bottel werk goed.

Nota:
Al my erde emmertjies vol uitgebraaide skaap stertvet op die foto.
En ook nog ‘n vol bak kaiings.
Ek gebruik my skaapstertvet vir brood bak en eiers, aartappels bak en vleisie.
Die kaiings is heerlik op ‘n toebroodjie of kan ook binne in brood gesit word vir ‘n kaiing broodjie.
Wil net noem, kan ook heerlike varkvet kaiings uitbraai, dit gebruik ek vir my brood en biltong broodjie, of varkvet sout en peper, of stroop op ‘n toebroodjie.

Resep en foto’s: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page