Your Recipe Blog

TJOU-TJOU

Recipe by
| Servings: 2.8 Liter

TJOU-TJOU

Ek het ‘n sak blomkool gekry en moes dit verwerk. Ek het gekyk op die blogs, maar nie so ‘n resep gekry nie. Ek het besluit om wortels by te voeg.

  • 1 groot blomkool
  • 4 groot wortels, geskil en gekap
  • 1 medium rooi soetrissie, gekap
  • 500 g uie, fyn gekap
  • 290 ml growwe sout
  • 625 ml witsuiker
  • 750 ml witasyn
  • 25 ml piekel speserye
  • 125 ml koekmeel
  • 150 ml Engelse mosterdpoeier
  • 50 ml borrie
  • 1 groot bottel (800 g) agurkies
  • 250 ml  water
Was en breek die blomkool in stukkies en voeg die uie, wortels en soetrissie by.

Strooi die sout oor en bedek met koue water.
Laat dit oornag staan.
Dreineer die gepekelde groente die volgende oggend en plaas dit in ‘n groot vlekvrye staal of emalje kastrol.
Voeg die suiker, asyn en piekel speserye by.
Verhit die mengsel en laat kook vir 20 minute.
Terwyl dit kook, meng die koekmeel, mosterd en borrie met 250 ml water tot ‘n gladde pasta.
Roer by die groentemengsel.
Laat weer kook.
Dreineer die bottel agurkies en sny in dun skyfies.
Voeg by warm mengsel en kook net deur.
Skep tjou-tjou in warm gesteriliseerde flesse, laat dit afkoel tot koud en verseël.

Resep en foto: Louisa Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page