Your Recipe Blog

UIERINGE, AGURKIESKYWE EN APPEL STUKKE MET SUURDEEG “DISCARD”

UIERINGE, AGURKIESKYWE EN APPEL STUKKE MET SUURDEEG “DISCARD”

Resep en foto: Meyer Combrinck

  • 2 – 3 medium uie, geskil en in ringe gesny
  • gebottelde agurkieskywe
  • appel, geskil, in skywe gesny, en halveer
  • vlak olie vir braai
  • Beslag:
  • 3 – 4 eetlepels suurdeeg “discard”
  • 1 eetlepel Maizena
  • sout en peper na smaak
  • speserye na smaak (Ek gebruik ½ teelepel kerriepoeier en Ina Paarman se groen bottel spices)
  • 2 – 3 eetlepels bier of sodawater
  • Meng bestanddele vir beslag. Dit moet omtrent dieselfde tekstuur wees as plaatkoekie-deeg. Pas aan met vloeistof/Maizina soos nodig.
  • Dompel die uieringe, agurkieskywe en appelstukkies in die deeg.
  • Braai in groepe in die vlak olie oor matige hitte.
  • Dreineer op handdoekpapier.
  • Geniet!
  • Nota: “Discard” is die suurdeegplantjie wat met water en meel gemaak word en in die yskas gehou word. Wanneer dit gebruik word, word dit met water en meel gevoed, gelaat om te rys en dan gebruik jy ‘n deel van dit vir jou resep. Dit wat oorbly, word weer gestoor in die yskas, maar soms kan van dit ook gebruik word, soos hierbo.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page