UIEBESKUITJIES
Tussen al die die soetigheid, moes ek vandag sout ook in kry. Lekker klein en maklike resep.
- 250 ml koekmeel, ongesif
- 250 ml gerasperde Cheddar kaas
- 125 g botter, baie sag
- 50 ml dik wit uiesoppoeier
Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak tot ‘n sagte deeg vorm.
Rol die deeg in klein balletjies, plaas dit op ‘n voorbereide koekplaat.
Druk die balletjies plat met ‘n vurk of enige vorm van eie keuse.
Bak die koekies vir 10 – 12 minute in ‘n voorverhitte oond by 200ºC.
Resep en foto: Lettie van der Merwe