Your Recipe Blog

UIE MARMELADE

UIE MARMELADE

Ek het hierdie reseppie saamgeslaan en glo my dit is heeeerlik saam met toast of ‘n worsie of ‘n beskuitjie of noem dit maar, versatile issit beslis en moenie praat van lekkerte nie.  Dit is eenvoudig djeeeeeerrlik.

  • 12 medium groot uie, geskil en in halwe ringe gesny
  • 2 eetlepels fyn komyn
  • 2 eetlepels fyn koljander
  • 1 koppie balsamiese asyn
  • 1½ koppie bruinasyn
  • 2 koppie bruinsuiker
  • 1 eetlepel peper
  • 1 eetlepel sout
  • 4 eetlepels olyfolie
  • 2 eetlepels botter

Kook die uie, olyfolie en botter vir omtrent 20 min op lae hitte tot glaserig terwyl dit effe geroer word.
Voeg al die ander bestanddele by en kook vir omtrent 1½ ure op lae hitte.
Roer soms tot alle vog weg is en die mengsel donker en effe taaierig is.
Bottel dit afgekoel of warm in voorbereide bottels.

Nota:
Ek het dit laat afkoel want eskom het my gekortwiek en ek was besig met ander goete.
Die halfvol potjie gaan eerste gepollies word.
Bêre in die yskas.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page