Your Recipe Blog

UIE- EN BOVRIL SMOOR

UIE- EN BOVRIL SMOOR

Resep en foto:  Gideon Louw
Ek deel graag die uie en bovril smoor resepie met julle dit is baaaaie lekker saam met amper enigiets.
Ek’t sommer my rooi pannetjie gebruik en die joppie oppie kole gedoen. Ons het dit geniet saam met gebraaide hoender.
  • 2 groot uie, geskil en in ringe gesny
  • 1 eetlepel olyfolie, vir braai van uie
  • 2 teelepels heuning
  • 2 teelepels Bovril
  • 1 teelepel Italiaanse kruie
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • 2 teelepels nat knoffelvlokkies
  • 1 teelepel rissievlokkies

Verhit die olie in die pan en smoor die uie tot bruinerig en glasig.
Voeg die ander bestanddele by en soteer op stadige hitte tot alles mooi saam gemeng is.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page