Your Recipe Blog

TZATZIKI- EN LAMSPITABROODJIES

TZATZIKI- EN LAMSPITABROODJIES

Ek gee maar net ons metode, nie regtig ‘n resep nie, ons vat hom soos hy kom.

  • gemarineerde lamtjops
  • tuisgemaakte Tzatziki (gewone ongegeurde jogurt gemeng met gerasperde, uitgepersde komkommer en sout met speserye na smaak.)
  • pitabroodjies
  • olyfolie
  • sout en speserye na smaak

Marineer die tjops in olyfolie, sout met speserye na smaak.
Braai die tjops in ‘n pan op die stoof of op die vuur soos verkies.
Sny die gaar vleis lekker fyn in klein stukkies op. (oorskiet braaivleis sal ook goed werk)
My tuisgemaakte Tzatziki is gewone ongegeurde jogurt gemeng met gerasperde, uitgepersde komkommer en sout met speserye na smaak.
Smeer die pitas met olyfolie, geur met sout en speserye na smaak en braai die pitas in ‘n warm pan met olyfolie tot die broodjies op-pof.
Sny die pita oop en vul dit met die vleis en Tzatziki en geniet!

Resep en foto: Natasha Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5