Your Recipe Blog

TWEE KLEUR “MARBLE” KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min.

TWEE KLEUR “MARBLE” KOEK

Mens het altyd ‘n vinnige resep nodig as jy baie vinnig iets moet bak. Ek het die resep al jare in my boek en bak dit gereeld as ek vinnig iets moet optower:

  • 250 g koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 200 g suiker
  • 115 g botter/margarien
  • 2 eiers
  • 5 ml vanilla
  • 250 ml melk
  • 30 ml kakao

Verhit oond tot by 180°C.
Spuit ringpan goed met Spray en Cook.
Voeg al die bestanddele in mengbak behalwe die kakao.
Meng vir 2 minute, ek gebruik sommer my handklitser.
Skep ¾ van mengsel in ringpan.
Sif kakao in die oorblywende mengsel en meng baie goed (deeg lyk nou lekker styf en soos tjoklit koek deeg).
Skep lepelsvol bo-op ander mengsel en trek dan die mes so 3 keer in die ronde om marble effek te maak.
Bak vir 30 minute.
Ek sit sommer tjoklit disks bo-op as dit vuurwarm is, dan smelt dit lekker.

Resep en foto: Maranda van Dam

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page