TUSCAN FRIKKADELLE
“My soort-van-Tuscan frikkadelle. Jy kan dit met enige maalvleis maak.”
- Frikkadelle:
- 400 g varkmaalvleis
- 2 grasuie, gekap
- 1 vars knoffelhuisie, gekap
- 1 eier
- 3 eetlepels amandel/makadamia meel (of 2 – 3 snye brood, geweek in water en uitgedruk indien jy nie lae-koolhidraat is nie)
- 2 teelepels suurlemoensap
- sout en peper, na smaak
- 25 ml olyfolie
- Sous:
- 1 koppie gevriesde spinasie, ontdooi
- 2 eetlepels songedroogde tamaties stukkies
- 200 ml room
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle saam, en vorm in 12-14 balletjies.
Braai die frikkadelle in die olyfolie tot goudbruin alkante.
Voeg nou die spinasie, tamaties en room by,
Prut oor ‘n lae hitte vir ongeveer 10 minute en bedien soos verkies op enige stysel van jou keuse (Ons eet dit op kapokblomkool vir ‘n lae-koolhidraat opsie).
Resep en foto: Ilze Jacobs