Your Recipe Blog

TURKSE TUISGEMAAKTE JOGURT

TURKSE TUISGEMAAKTE JOGURT

Ek het ‘n jaar terug Turkye toe gegaan en omrede ek amper ‘n getroude Turkse vrou gaan wees het my aanstaande skoonma my daar geleer hoe om joghurt te maak.
Dit is ‘n stapel voedsel in die land. Sy het my natuurlik ‘n tradisionele resep geleer maar ek het dit bietjie aangepas na my gevoel. So ek deel met graagte.

Die verskillende soorte volroom melk wat jy gebruik, gaan verskillende diktes joghurt lewer.

  • Enige van die volgende:
  • Vars volroom melk (plastiek bottels) maak ‘n baie dik jogurt
    Boksie melk (UHT) lewer ‘n medium dik jogurt
    Vars van die plaas af beesmelk lewer ‘n loperige jogurt (geskik vir drink)
  • Ekstra:
  • 1 klein houer jogurt, ongegeur

Plaas die melk (soveel jogurt soos wat jy wil hê) in ‘n pot en bring dit tot kookpunt op die stoof. Laat kook vir so 2 minute. Haal af en laat afkoel tot “‘n baba se badwater” temperatuur.
Voeg die lepel jogurt in (hoe meer jogurt jy ingooi hoe sterker en suurder gaan dit proe – so eksperimenteer ‘n paar keer).
Moenie roer nie.
Sit die pot se deksel op en plaas in die oond. Sit jou oond se liggie aan.
Die area waar jy die jogurt bêre moet warm wees. Los oornag (hoe langer jy dit laat staan, hoe ryker en suurder word dit).
Volgende oggend het jy ‘n heerlike jogurt. Die jogurt sal geskei wees van die weiwater.
Die water kan ingemeng of deur ‘n baie fyn sif afgooi word.
Vir ‘n mooi gladde jogurt vryf die jogurt deur die sif.
Bêre in ‘n houer in die yskas tot lekker yskoud. Dit is reg om te eet.
Afiyet olsun (lekker eet).

Resep en foto’s: Linda Greyling

Nota’s:
Adele Horn:
Ek plaas my yogurt bo op warm kombers en baie kombers bo op. 4 ure en die yogurt is reg. Daarna meng ek bietjie suiker, vrugtepulp en stukke vrugte in. My gunsteling is my bloubessie yogurt.

Maryna Swarts:
Laat die ou boere tannie jou ‘n tip gee. Sit die melk in jou “slow cooker” op “low”. Sit ook jou houertjie yogurt in ek hou van 500 gr op 2 liter en los oornag en siedaar yogurt!!!!!! Makliker as die oond.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page