TURKISH DELIGHT KOEK
Hierdie koek gebruik ‘n 20 x 40cm ringpan, of twee kleiner panne of maak van die begin af net die helfte van die resep aan vir 1 ringpan.
- 8 eiers
- 4 koppies suiker
- 4 koppies koekmeel
- 10 ml sout
- 1 koppie olie
- 2 koppies melk
- 4 teelepels bakpoeier
- 5 ml rooswater
- pienk kleursel na smaak
- 250 g Turkish Delight lekkers, in klein blokkies gesny
- Stroop:
- 1 koppie water
- 1 koppie suiker
- 3 ml rooswater
Kook stroop bestanddele saam tot stroperig.
Koek:
Klits eiers en suiker vir 10 min tot romerig.
Meng kookolie en warm melk bymekaar, laat afkoel.
Sif droë bestanddele en meng by eiermengsel in, voeg melk- en oliemengsel by en meng goed.
Sit bakpoeier, rooswater en pienk kleursel by en meng weer.
Sny Turkish delight in klein blokkies.
Skep die helfte van beslag in ringpan, strooi helfte van blokkies oor beslag (bêre ander helfte vir versiering) en skep die res van die deeg oor die blokkies.
Bak 25 min by 175°C of tot gaar toets.
Giet stroop warm oor koek wanneer die koek uit die oond kom.
Laat afkoel, keer uit.
Versier wanneer heeltemal koud.
- Versiersel:
- 250 ml versiersuiker
- bietjie water
- 2 ml rooswater
- pienk kleursel
- vanilla wit sjokolade
- Turkish delight blokkies
Meng versiersuiker, bietjie warm water en 2 ml rooswater.
Roer tot ‘n smeerbare mengsel. Giet stadig oor koek dat dit oor die koek loop. Kan ook pienk kleursel hierby voeg.
Smelt ‘n vanilla sjokolade en doen bietjie dripping bo-oor.
Versier met oorblywende Turkish Delight vierkantjies.
Nota:
Ek het sommer die diabete Turkish Delight gekoop, dit is vir my meer geurig.
Resep en 2de foto: Marida Olivier/van Wyk
Foto: Susan Lockem
Net terugvoer oor die Turkish delight koek ek het mos 2 uitgekry. Dinsdag oggend gaan aflaai by koffiehuis, die middag was toe slegs 1 sny oor, moes die ander 1 ook gaan aflaai…en kry net goeie komplimente.. 😊al het die bak my nagmerries gegee sal ek defnitief weer bak.