Your Recipe Blog

TUNATERT MET SKYFIES

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 4 - 5 porsies

TUNATERT MET SKYFIES

Hierdie is die lekkerste tuna-tert wat jy sal maak!! Dit is super maklik!

  • 2 blikkies Tuna, gedreineer
  • 1 groot pak kaas en uie skyfies, fyngedruk
  • ½ groen soetrissie, fyn opgekap
  • 1 ui, fyn gesny
  • 100 ml blatjang
  • 100 ml mayonnaise
  • 150 ml melk
  • 3 eiers
  • 1 koppie kaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180ºC en spuit ‘n groot genoeg oondvaste bak met kleefwerende sproei.
Braai die uie en soetrissie in ‘n pan tot lig en deurskynend.
Voeg die res van die bestanddele saam met die uie en soetrissie in ‘n mengbak en meng goed saam.
Voeg die tuna beslag in die oondvaste bak, plaas in die voorverhitte oond en bak vir 30 min teen 180°C.
Geniet!!!

Nota:
Ek het kaas bo-oor ook gegooi. My familie is mal oor die Tunatert!!!
Heerlik die volgende dag as dit lekker koud is.

Foto 1 en 2: Marlene Potgieter
Ek het die lekker maklike tunatert gemaak en het wit Cheddar gebruik. Was baie lekker, veral koud.

Foto 3: Bianca Swart
Resep: Lizelle du Toit Roos

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page