Your Recipe Blog

TUNATERT MET ‘N WITSOUS BASIS

Recipe by
Cook: 1 UUR

TUNATERT MET ‘N WITSOUS BASIS

  • Witsous:
  • 1 liter melk
  • 1¼ koppie koekmeel
  • 250 g kunsbotter, 70% vetinhoud
  • sout na smaak
  • Tunamengsel:
  • 3 blikkies tuna in water, gedreineer die water
  • 1 ui, gerasper
  • 5 ml droë pietersielie
  • knippie rooipeper
  • 4 eiers, geklits
  • 2 koppies kaas, gerasper

Maak die witsous van die sousbestanddele.
Meng die tuna bestanddele saam en meng dit dan met die witsous.
Plaas die mengsel in ‘n gesmeerde tertbak en bak dit by 180 °C vir een  uur.
Haal die tert uit die oond en laat dit afkoel.
Die tert raak styf soos dit afkoel (hoe langer dit staan hoe lekkerder raak die tert).
Bedien die tert warm of koud.

Resep: Madelein Meyer Coetzee
Foto: Sandra Marais – Ek het die tert probeer vanaand en manlief is gaande daaroor.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page