TUNATERT MET BROOD
- 2 eetlepels margarien
- 1 dik sny witbrood, opgebreek
- 1 koppie melk
- 1 groot ui, gerasperde
- 1 koppie kaas, gerasper
- 3 eiers
- 1 blik tuna
- bietjie pietersielie
- ¾ teelepel bakpoeier
- 2 weense worsies, gerasper, opsioneel
Verhit die melk in ‘n potjie op die stoof of in ‘n glasbak in die mikrogolf.
Voeg die margarien by die warm melk en roer totdat die margarien gesmelt is.
Voeg die brood by die melk- en margarienmengsel en week die brood totdat dit sag en fyn is.
Meng die ui, kaas, eiers, tuna, pietersielie, bakpoeier en worsies saam en voeg dit by die melkmengsel, roer goed deur.
Giet die tertmengsel in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak die tunatert in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 30 – 45 minute.
Nota:
Vir afwisseling kan jy gewone polonie of ‘n blik “corned meat” ook byvoeg.
Foto 1: Amanda Austen
Die resep verdubbel en sonder die worsies gemaak.
Resep en foto 2: Jan Bezuidenhout