Your Recipe Blog

TUNAPASTA IN TAMATIE

TUNAPASTA IN TAMATIE

(Pasta al tonno e pomodoro)
  • 2 blikke Italiaanse gekapte tamatie
  • 1 blik tamatie konsentraat
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffel huisies, gekap
  • 5 basiliekruid blare
  • 1 eetlepel droë Italiaanse kruie
  • 1 chillie, fyn gekap
  • 2 blikke tuna in water
  • 1 glas witwyn
  • sout en peper na smaak
  • 1 liter bechemal sous
  • gerasperde Mozzarella en Gouda kaas
  • 50 g Parmesan kaas

Braai uie in olie tot deurskynend en voeg knoffel en chillie by.
Braai liggies tot geurig.
Voeg nou tamatie konsentraat by en braai tot deur gemeng.
Giet die wyn in en laat alkohol afkook.
Voeg die tamatie en tuna met water en al by.
Geur met sout en peper en droë kruie.
Laat prut vir so 30 min tot effens dikker. Indien te dik voeg nog water by.
Kook pasta volgens instruksies.
Voeg gekapte basiliekruid by tamatiesous so 5 minute voor klaar.
In ‘n oond bak voeg paar lepels sous en bechemal met pasta bo op.
Strooi kaas oor en herhaal die lae met tamatie sous heel bo.
Besprinkel met kaas en bak in oond teen 180°C vir 30 min tot kaas goud bruin is.
Bedien met die Parmesan kaas en ‘n groen slaai.

Nota:
Ek het 2 pakke pipe rigatte pasta gebruik vir die resep. Dit voed so 8 mense.

Resep en foto:  Franco Dippenaar

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page