Your Recipe Blog

TUNAKOEKIES OP DIE KOLE

TUNAKOEKIES OP DIE KOLE

Hi almal, ekt vir ‘n oudurfie vanaand hierdie lekkerte gemaak in my rooipannetjie oppie kole.

  • Tunakoekiemengsel:
  • 1 blikkie tuna in soutwater, gedreineer
  • ½ ui, baie fyn gekerf
  • 3 eetlepels broodkrummels
  • 2 eetlepels gerasperde Parmasaankaas
  • 1 eetlepel suurlemoenskil, fyn gerasper
  • 1 eier
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • ½ teelepel swartpeper
  • 1 eetlepel “Italian herbs”
  • Krummellaag:
  • ¼ koppie broodkrummels
  • 3 eetlepels gerasperde Parmasaankaas
  • Ekstra:
  • kookolie vir vlakbraai

Voeg al die bestanddele vir die tunakoekiemengsel in ‘n mengbak en meng goed deur.
Vorm kleinerige balletjies en druk dit effens plat.
Meng die broodkrummels en Parmasaankaas vir die krummellaag in ‘n plat bak of bord.
Rol die viskoekies in die krummel- en kaasmengsel en plaas die viskoekies in die vrieskas vir ‘n rukkie.
Braai die viskoekes in warm vlak olie vir ‘n paar minute tot goudbruin aan albei kante.
Bedien dit met ‘n doopsous van jou keuse.

Nota:
Ek gaan dit beslis weer maak, want dit is djeeeeeerlik!

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page