Your Recipe Blog

TUNAGEREG OF TUNAROL

Recipe by
Cook: 30-45mins

TUNAGEREG OF TUNAROL

Vroulief Rinie het vir ons die heeeeeerlike tunagereg gemaak. Dit is dieselfde resep as die tuna wiele maar net sonder die snye en die deeg kors.

  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml witsuiker
  • 2 ml sout
  • 125 ml gerasperde kaas
  • 125 ml sonneblomolie
  • 125 ml melk
  • Vulsel
  • 2 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
  • 2 hardgekookte eiers, gerasper
  • 1 ui, gekap
  • knoffel na smaak
  • tobascosous na smaak
  • sout en peper
  • mayonnaise om mee te bind
  • gekapte pietersielie vir bo-oor

Voorverhit die oond na 180°C.
Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam. Voeg die kaas by en meng.
Klits melk en olie saam.
Sny dit met ‘n slaplemmes by die droë bestanddele in.
Druk die frummels aanmekaar om ‘n deeg te vorm.
Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide werkplank in ‘n reghoek van 40 x 30 cm.
Meng die tuna, eiers, ui, sout, peper, knoffel, tobasco en mayonnaise.
Smeer die vulsel op die deeg en rol die deeg oorlangs soos ‘n rolkoek op. Plaas in ‘n gesmeerde oondbak.
Sny die boonste lagie deeg soos brood met ‘n skerp mes, maar moenie skywe heeltemal deursny nie.
Bestryk die rol met melk en strooi pietersielie oor.
Bak 30 tot 45 min tot gaar en goudbruin.
Dien dit warm op.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5