TUNA-VORM VIR KLEIN STOLVORM
Resep geplaas en foto: NM Swanepoel
Ek gebruik ‘n spesifieke klein Tupperware vorm vir die resep en die hoeveelhede is daarvoor aangepas.
- 1 blikkie tuna in water, gedreineer, fyn gemaak
- ½ ui, fyngekap
- ½ groen soetrissie, fyngekap
- stukkie komkommer, pitte verwyder, fyngekap
- 15 ml gelatien, opgelos in 50 ml kookwater, 30 ml yswater bygevoeg as opgelos is
- 150 ml mayonnaise
- visspeserye na smaak
- 3 eiers, hardgekook, geraspe
- Meng die tuna, uie, groen soetrissie, komkommer, mayonnaise, eiers en visspeserye goed,
- Los die gelatien in 50 ml kookwater op en voeg daarby die 30 ml yswater.
- Meng die gelatienmengsel met die res van die bestanddele goed deur.
- Spoel die tupperware vorm uit met koue water, dreineer goed en spuit met kleefwerende middel.
- Skep die tunamengsel in die vorm, seël en laat staan onderstebo in die yskas oornag.
- Ontvorm voor opdiening.
Category:












