Your Recipe Blog

TUNA VISKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6-7 koekies - 2 persone

TUNA VISKOEKIES

Resep geplaas en aangepas deur Rina Kleinhans
Foto:  Rina Kleinhans

  • 2 blikkies fyn tuna, goed gedreineer
  • sap en fyngerasperde skil van ½ klein suurlemoen
  • 2 agurkies, fyn gerasper
  • 1 groot, gaar aartappel, fyn gedruk (sien nota)
  • 30 ml gekapte, vars pietersielie
  • ½ wiel fetakaas, fyn gekrummel
  • 1 klein eier (sien nota)
  • Ekstra:
  • 60 ml koekmeel
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • olie, vir braai
  • droë broodkrummels opsioneel
  • Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, agurkies, aartappel, pietersielie en fetakaas goed saam.
  • Klits die eier en voeg by. (Sien nota)
  • Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute.
  • Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper.  (Ek het bietjie borrie oor bygesit)
  • Vorm vismengsel in koekies en rol liggies in die gegeurde meel.  Pak op ‘n bord.
  • Sit 15 min die yskas voor jy die koekies bak.
  • Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar.
  • Sit voor met vars suurlemoen, aartappelskyfies en slaai.
  • Nota’s:
  • Indien jy verkies om die koekies in krummels te maak, sit bietjie meel, sout en peper by die mengsel, dit is ‘n slap mengsels.
  • Nadat die mengsels koud gemaak is,  skep lepels vol in jou hand en rol in die krummels tot dit ‘n mooi koekie vorm. Sit weer die koekies in die yskas dat hulle goed koud word en die krummels lekker vassit.
  • Bak in nie te warm olie, dan word hulle baie gou donker.
  • Indien jy kapokaartappels gebruik wat reeds melk en botter in het, laat die eier weg, en meng 1 eetlepel koekmeel in die vismengsel in.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page