Your Recipe Blog

TUNA VISKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 2 persone

TUNA VISKOEKIES

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Rina Kleinhans

  • 1 blik (170 g) fyn tuna, goed gedreineer
  • sap en fyngerasperde skil van ½ klein suurlemoen
  • 2 agurkies, fyn gerasper
  • 1 groot, gaar aartappel, fyn gedruk
  • 30 ml gekapte, vars pietersielie
  • ½ wiel fetakaas, fyn gekrummel
  • 1 eier
  • 15 ml melk
  • Ekstra:
  • 60 ml koekmeel
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • olie, vir braai
  • Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, agurkies, aartappel, pietersielie en fetakaas goed saam.
  • Klits die eier en melk saam en voeg by.
  • Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute.
  • Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper.  (Ek het bietjie borrie oor bygesit)
  • Vorm vismengsel in koekies en rol liggies in die gegeurde meel.  Pak op ‘n bord.
  • Sit 15 min die yskas voor jy die koekies bak.
  • Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar.
  • Sit voor met vars suurlemoen, aartappelskyfies en slaai.

Nota:
Indien jy ‘n ekstra groot eier gebruik, laat die melk weg.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page