TUNA SAMPIOENE
- 9 groot sampioene
- ½ ui, gekap
- 5 ml knoffel, opsioneel
- 4 jong tamaties, in blokkies gesny
- 2 blik tuna
- 3 eetlepels mayonnaise
- sout en peper
- wit Chedderkaas gerasper
Breek die binnekant van die sampioene uit.
Plaas die stukkies wat jy afgebreek in ‘n bakkie.
Voeg die ui, tamatie, knoffel, tuna en mayonnaise by die stukkies sampioene in die bakkie.
Geur met sout en peper en meng alles saam.
Skep die uitgeholde sampioene vol van die tunamengsel en sprinkel kaas bo-oor.
Bak vir 15 – 20 min by 200˚C.
Die resep kan aangepas word volgens jou behoeftes.
Foto en resep: Elna Erasmus